Please wait...

Wêreld Outisme Dag 2021

Autisme.jpg

Gevalle van outisme neem wêreldwyd toe. Tog is die simptome van die toestand soms so vaag dat ouers en selfs medici nie altyd verstaan wat ‘n kind makeer nie.

Boonop is daar ‘n groot gebrek aan opleiding asook onkunde wat outisme betref, wat dikwels verhinder dat dit reg gediagnoseer en behandel word.

Definisie

  • Outisme is ‘n neurobiologiese ontwikkelingsteuring wat hoofsaaklik deur sosiale, kommunikasie- en gedragsprobleme gekenmerk word.

Kenmerke

  • Op sosiale vlak weet kinders met outisme nie hoe om met ander kinders te verkeer nie
  • Hulle hou hulself liewer eenkant besig met herhalende, soms eienaardige gedrag
  • Hulle verstaan ook glad nie ander persone se emosies en liggaamstaal nie en tree dikwels onvanpas op
  • 40% van outistiese kinders gebruik nooit woorde vir kommunikasie nie
  • Baie verkies ook gebare, eerder as woorde, om te kommunikeer
  • Wat gedrag betref kan outistiese kinders heeltemal obsessief raak oor ‘n onderwerp of ‘n voorwerp, of hulle haak vas by ‘n spesifieke ritueel
  • Soms voer hulle herhalende bewegings uit, soos om heen en weer te wieg, hulle kop te stamp of hulle self te klap, al beseer hul hulself in die proses
  • Hulle kan ook veral sensitief wees vir sekere klanke, reuke, teksture en selfs aanraking

Om die situasie meer verwarrend te maak, is die term “outisme” omvattend vir 5 verskillende toestande wat in die outismespektrum val, naamlik:

  • OUTISTIESE VERSTEURING:
    • Die klassieke vorm van outisme waar kinders meestal in hul eie wêreld leef en nie eintlik op    die buitewêreld reageer nie
  • ASPERGER SINDROOM:
    • Lyers het ‘n gemiddelde of bogemiddelde intelligensie en hul taal ontwikkeling is gewoonlik uitstekend, dus kom baie ouers nie dadelik agter iets is verkeerd nie
  • RETT VERSTEURING:
    • Byna net meisies ly aan hierdie seldsame toestand. Hulle sukkel om te kommunikeer, het eienaardige handbewegings, groei stadig, loop moeilik en hul koördinasie is swak
  • KINDER DISINTEGRASIE VERSTEURING:
    • Kinders ontwikkel normaal tot op die ouderdom van 2 of 3 jaar, en begin dan agteruitgaan. Hierdie seldsame vorm van outisme gaan soms met epilepsie gepaard
  • OMVATTENDE ONTWIKKELINGSVERSTEURING:
    • Dit sluit kinders in wat sommige, maar nie al die simptome van outisme toon nie en is op baie kinders van toepassing

Gevaartekens:

Indien ‘n kind – veral tussen die ouderdom van 2 tot 5 – ‘n buitengewone kombinasie van die volgende eienskappe of gedragspatrone toon, moet dit met ‘n spesialis bespreek word:

  • Geen gesigsuitdrukkings en/of eentonige stemtoon
  • Ontwikkeling van spraak is stadig, of praat glad nie
  • Reageer nie as jy met hom praat nie, lyk doof
  • Lyk asof hy in ‘n wêreld van sy eie leef
  • Maak min of geen oogkontak
  • Verkies om op sy eie te speel
  • Swak verbeelding, sukkel om self met verbeelding speletjies te maak
  • Ingestel op fyn detail
  • Obsessiewe, herhalende gedrag bv maak deure aanhoudend oop en toe
  • Eienaardige gedrag, bv wieg heen en weer
  • Selfvernietigende gedrag bv kopstamp, byt, krap
  • Kan nie by vreemde roetines of rituele inskakel nie
  • Hou nie van fisieke aanraking nie
  • Baie sensitief vir klank of sensoriese prikkels, soos harde geluide, growwe materiale of helder ligte

Beginsels vir behandeling:

  • Omvattende evaluering
  • Omvattende behandelingsplan
  • Geen enkele behandeling werk vir almal nie
  • Akkommodasie (maw werk rondom die moeilikhede)
  • Bou vaardighede deur die kernprobleme van outisme (nabootsing, taal, beurte maak,sosialisering, onbuigsaamheid)
  • Fokus op die familie
  • Vroeë behandeling, so vroeg as moontlik
  • Verstaan die betekenis van gedrag – veral moeilike of uitdagende gedrag (aggressie, tantrums, selfbeheersing ens)
  • PET (Parent Education and Training), ouer opleiding en NOBI (Naturalistic Developmental Behavioural Interventions) naturalistiese ontwikkelings gedragsintervensies is die fokus van kontemporêre intervensies vir outisme.

 

Indien u enige navrae het oor outisme, kontak u algemene geneesheer of psigiater.

optima_logo_white

The Optima Psychiatric Hospital, a healing centre, situated in the Bloemfontein suburb, Hospitaalpark, accommodating 76 patients and is operated by a company consisting of nine partners, all Psychiatrists.

Contact Details

17 Addison St, Bloemfontein, 9301
Phone: 051 502 1800
Information
Email: help.optima@mcare.co.za
Admissions
Email: help.optima@mcare.co.za
© 2026 M-Care Optima - Website design & development by Digital Platforms
SAcoronavirus.co.za