
Die Optima Hospitaal se naam het sy oorsprong in Optimisme, Optimale funksionering en optimale behandeling. Dit is ons passie om te sien dat mense vol betekenisvolle lewens lei terwyl ons almal die kans het.
”You only live once, but that should be enough if you do it well”. Daarom moedig ons pasiënte aan om deur ‘n daadwerklike wilsbesluit, verantwoordelikheid vir hulle algemene selfsorg, produktiwitiet en welstand te aanvaar.
Die aktiewe toepasing van ‘n besluit behoort optimale onafhanklikheid en gebalanseerde betrokkenheid in alle areas van u lewe tot gevolg te hê.
Werk, slaap, geestelike groei, verhoudings, kreatiwiteit en deelname in opbouende aktiwiteite binne u omstandighede, is areas waarin elkeen kan verbeter. Net soos iemand jou moes leer tel, spel, of bestuur, kan jy beter funksioneer as iemand jou leer hoe om konflik, of spanning, of werksdruk te hanteer. Het iemand jou al geleer om regtig te ontspan?
Die kennis wat jy oor hierdie aspekte bekom kan ‘n totale verandering bring in die manier waarmee jy na die lewe kyk, en dit kan spontaan lei tot ‘n optimale, meer positiewe lewenservaring.
”Mindfulness” (bewus wees), is n ou denkrigting wat deesdae weer baie belangstelling wek, nadat studies bewys het dat ”mindfulness” kan bydra tot versnelde breingroei in bepaalde kritiese areas van die brein. Dit behels ‘n bewuste besluit om aspris meer bewus te word van jou omgewing, jou lyf, die mense naby jou. Voel jou voete op die grond, of die koerant in jou hande. Proe aspris jou koffie. Die bewusraak van alledaagse, sonder om daaroor te bekommer, of dit te wil reg maak, maar net omdat dit is, kan regtig bydra tot breingroei, en verminder selfs chroniese pyn.
Kyk met opset en met nuwe oe na binne en buite, en kyk hoe jou lewe verander. Kontak Optima vir verdere ondersteuning om beheer te neem vir jou persoonlike welstand. Die e-pos adres is info@optimabloem.co.za en telefoonnommer is 051-502-1800.